Car Insurance

Virseker Resensies

Jy kan nou maar so katvoet ry soos wat jy wil, daar is geen waarborg dat jou motor nie gesteel gaan word of skade opdoen nie. Dit is presies hoekom ons besluit het om motorversekering te ontwikkel wat aan al jou behoeftes voldoen of jy nou jou motor omvattend wil verseker of net vir die basiese; ons het die produk vir jou. En wat meer is, kan jy ook kies om jou Derdeparty dekking op te skuif tot R5, R10 of R20 miljoen toe

Ons bied vier hoof motor versekerings produkte aan om vanuit te kies:

1. Omvattende

2. Derdeparty

3. Brand en Diefstal

4. Slegs Derdeparty

5. BeterKar versekering

BeterKar versekering

Gewoonlik kan jy kies om jou motor vir die handel-, mark of inruilwaarde te dek, wat beteken dat as jou motor afgeskryf is, jy die waarde van jou kar op daardie stadium sal ontvang. Maar as jy BeterKar versekering by jou polis voeg, sal ons jou huidige motor vervang met ʼn model wat een jaar jonger is en 20 000 km minder gery het, sou dit afgeskryf word.

Neem kennis:

• Jou voertuig mag nie ouer as 8 jaar wees nie.

• Die opsie geld nie as jou voertuig afgeskryf is weens diefstal, poging tot diefstal, kaping of poging tot kaping nie.

• Die minimum hoeveelheid wat BeterKar sal uit betaal is die handelswaarde plus 15% van die afgeskrewe voertuig.

Die maksimum hoeveelheid wat BeterKar sal uit betaal is die handelswaarde plus 40% van die afgeskrewe voertuig.

Omvattende Motorversekering

Omvattende versekering vir jou kar is die mees volledige versekerings opsie. Hier sal Virseker vir jou sorg

• as jou kar gesteel word,

• as jou kar en/of iemand anders se besittings skade kry,

• vir natuurrampe soos vuur,

• haelskade

• vallende bome

• selfs skade wat deur ander mense aangerig word.

Die grootste voordeel van omvattende versekering is dat jy dekking kry vir skade aan jou eie kar asook die voordele van derdeparty, brand en diefstal dekking. Derdeparty, Brand en Diefstal versekering Hierdie is ʼn goedkoper opsie maar dek nie jou motor teen ongelukskade nie. Jy is wel gedek sou jou motor gesteel word of deur ʼn brand beskadig word en vir skade wat dit aan ander se eiendom aanrig. Maar ons gee jou wel die opsie om om ʼn paar ekstra dekkings voordele by jou polis te voeg.

Hierdie is ons goedkoopste versekerings opsie, maar dit bied ook die heel minste dekking. As jy gemaklik is om die kostes self te dra sou jou motor gesteel of beskadig word maar graag gedek wil wees teen die skade wat jou motor aan ander se eiendom aanrig, is hierdie die opsie vir jou.

Share with your friends

facebook share Car Insurance
Back

Why Would I Do This?

It’s important for South Africans to stand together in sharing knowledge because we all know knowledge is power right! Help your fellow South African make an informed decision before choosing a provider by letting them know exactly what your experience was whether it was great or terrible. You also want the provider to know what is happening in their company whether it’s something to continue doing or something they need to improve on but let me tell you one thing… this way your voice will be heard!

Personal details

      Rating

       200 characters
            CAPTCHA